62ste Oscar-toekenningsaand

  62ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 26 Maart 1990
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Billy Crystal
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Driving Miss Daisy
Meeste pryse  Driving Miss Daisy (4)
Meeste benoemings  Driving Miss Daisy (9)

Die 62ste Oscar-toekenningsaand is op 26 Maart 1990 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1989. Die aanbieder was Billy Crystal. Die Oscars vir tegniese prestasies in drie weke vroeër in die Beverly Hilton gehou.[1]

Driving Miss Daisy het die meeste benoeming gekry en die meeste Oscars ingepalm, en is ook aangewys as beste rolprent. Jessica Tandy het ook die prys as beste aktrise gewen.[2] Sy was toe op 80 die oudste wenner van ’n mededingende Oscar as beste aktrise.

  1. "Past Scientific & Technical Awards Ceremonies". Academy of Motion Picture Arts and Sciences (in Engels). AMPAS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2014. Besoek op 31 Julie 2013.
  2. Cieply, Michael (27 Maart 1990). "'Driving Miss Daisy,' Tandy Win Top Oscars : Academy Awards: Day-Lewis is named best actor. Stone is best director for 'Fourth of July.'". Los Angeles Times. Tribune Company. Besoek op 20 Augustus 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy